Kruiswegstasie

Die kruiswegstasie in die katholieke kerk in "De Heeg", Maastricht, Nederland. (Holland)

1.

Jesus word veroordeel.

Is jy koning? Ja, ek is koning. 'n Kaalvoet-koning sonder maarskalke, sonder troon en sonder hermelyn. 'n Koning wat skulde vergewe en God sy Vader noem. 'n Koningskap wat nie van dese wêreld is nie

2.

Jesus neem die kruis op sy skouers.

Jesus doen dit anders. Hij neem sy kruis op. Hij laat na om te protesteer. Ook 'n kaalvoet-koning(*) stap statig. Met 'n doringkroon die druk, en die las van die kruis. Belas met eeue sonde op sy skouers.

(* Dit dien as simbool van Jesus se nederigheid.)

3.

Jesus val vir die eerste keer met die kruis.

Hij val, val uit die oog. Val uit die oog van die grotes. Watter volwassene let nog in die strate van Jerusalem op 'n tereggestelde-kandidaat? Maar die oë van 'n kind die die lyding ligter maak vir die Lam Gods wat die sonde van die wêreld wegdra.

4.

Jesus ontmoet sy moeder.

Al loop almal weg: moeders loop nie weg nie. Maria sou die kruis letterlik mee wil dra. Die nuwe Adam ontmoet die nuwe Eva, hulle wat sonder skuld is dra elkeen hulle kruis, en bekragtig so die nuwe verbond.

5.

Simon van Cyrene help Jesus die kruis dra.

Die sware las begin swaarder te druk. Die swarte raaf word indringeriger. Die kaalvoet-koning druk sy spore op paaie en weë, dwarsdeur ons wêreld. Dan word die hele landskap ligter en warmer as Jesus die gesig van Simon sien, en sy groot sterk hande.

6.

Veronica droog die gesig van Jesus af met 'n doek.

Voëls het hulle nessies, maar die Seun van die mens het nie eens 'n steen om sy kop op te lê nie. Maar wel 'n doek. Na Maria en Simon is dit weer 'n vrou wat nie wegloop nie, maar deur die versperring breek. Veronica gee Hom 'n doek.

7.

Jesus val vir die tweede keer onder die kruis.

Soms verlang jy na die einde. Selfs die sterkste skouers dreig om dit te begewe. Jesus val weer. Immers is in 'n wye omtrek geen helpende hand meer, geen troostende oë, geen warm kloppende hart.

8.

Jesus ontmoet die wenende vroue.

Ween nie oor mij nie, maar oor jullie kinders! Die lyding en kwaad kruis elke lewe, van manne en vroue, in elke tyd op elke plek. En verlam staar ons, nie in staat om dit op te neem nie.

9.

Jesus val vir die derde keer onder die kruis.

Ons oë is gewoond aan die vierkantige raam van die televisie, die onafgebroke beelde wys van mense die gebukkend gaan, van mense die beswyk. Kan jy nog verroer in jou leuningstoel met die kat voor die venster.

10.

Jesus word van sy klere beroof.

Wie dit sien word amper 'n loerder. Jy kry skaam. Hierdie beelde is eintlik nie meer aan te sien nie. Enkel God kan tenminste getuie wees van wat Hom, en almal in die konsentrasiekampe in Madjanek, Auschwitz en Bergen-Belsen, aangedoen is.

11.

Jesus word aan die kruis geslaan.

Hij wie ly weet z'n moeder kom die naaste aan hom. Maar ook sy moet met 'n hulpelose gebaar afstand neem van haar seun.

12.

Jesus sterf aan die kruis.

Van op 'n afstand, verneem ons, sien ons, weet ons dat Hy die gees gee op die negende uur, volkomen alleen, hande uitgestrek na Sy Vader.

13.

Jesus word van die kruis afgehaal.

Maria met die kind terug op haar skoot. Wie oorbly is 'n moeder met 'n gewonde hart. Sy bly haar hele lewe en verder nog. Maria, die moeder, die nie wyk nie.

14.

Jesus word in die graf gelê.

Jesus word in die graf gelê. In 'n angsaanjaagend en donker graf lê Maria en Sy leerlinge sy dooie liggaam neer. Hulle sal die eerste getuie wees van sy verysenis op Paasmôre. Die doringdraad is gebreek en die magte van die duisternis is verjaag.

 

Bostaande kruiswegstasie is geskilder deur Theo Kuijpers uit "De Heeg" in Maastricht, Nederland. Hierdie Kruiswegstasie is ook uitgee in boekvorm naamlik: "Van op een afstand" en is voorsien van 'n uitgebreide begeleidende tekst gemaak deur Mgr Frants Wiertz, die toenmalige "boupastoor". Via die Secretarie van ons parogie kan u 'n kruiswegboekie of 'n serie foto-skyfies bestel. Natuurlik kan u ook, voor of na dienstije, hierdie kruiswegstasie in die katholieke kerk kom bekyk.

 

 

Terug naar de welkomspagina

 

(c)LICOMA

Bewerkt op 20 oktober, 1999